On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

International

Wêreld se oudste mens sterf op 118

───   17:30 Tue, 24 Jan 2023

Wêreld se oudste mens sterf op 118 | News Article
Suster André, wat kort voor haar 119de verjaardag oorlede is. FOTO: Nicolas Tucat/AFP/Getty Images

Suster André, ‘n Franse non wat sover bekend die wêreld se oudste, lewende mens was, is enkele weke voor haar 119de versjaardag oorlede.

Suster André is op 11 Februarie 1904 as Lucile Randon in die dorpie Ales in die suide van Frankryk, gebore.

Volgens 'n berig deur The Guardian is sy 'n week gelede, op 17 Januarie in die Sainte-Catherine-Laboure-ouetehuis in die dorp Toulon oorlede, het David Tavella, 'n woordvoerder van die tehuis, gesê.

Die Gerontologie-navorsingsgroep, wat inligting bekragtig oor mense wat vermoedelik ouer as 110 jaar is, het haar as die oudste bekende persoon ter wêreld gelys ná die dood van Japan se Kane Tanaka wat in 2022 op die ouderdom van 119 jaar oorlede is.

Suster André was ook een van die wêreld se oudste oorlewendes van Covid-19. Sy het die virus in Januarie 2021 kort voor haar 117de verjaardag gehad, maar het so min simptome getoon dat sy nie eers besef het sy het die siekte onder lede nie.

In April 2021, toe sy gevra is oor hoe sy so lank lewe, het sy aan Franse media gesê “werk maak jou lewe" en bygevoeg dat sy gewerk het tot sy 108 was.

Sy was ook bekend daarvoor dat sy daagliks 'n glas wyn en sjokolade geniet het.

Die oudste lewende bekende persoon ter wêreld wat deur die Gerontologie-navorsingsgroep gelys is, is nou Amerikaans-gebore Maria Branyas Morera, wat in Spanje woon en 115 is.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.