On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

International

Leerlinge beseer ná sinkgat in klaskamer

───   06:38 Fri, 17 Mar 2023

Leerlinge beseer ná sinkgat in klaskamer  | News Article
Verskeie leerlinge is beseer toe 'n sinkgat onder 'n skool in Zimbabwe gevorm het. FOTO: Facebook

Sewe leerlinge van die Globe & Phoenix-laerskool in Kwekwe in Zimbabwe is beseer nadat hul klaskamer in ’n sinkgat ineengestort het.

Die sinkgat is glo deur onwettige mynbedrywighede in die gebied veroorsaak.

Die laerskool in Kwekwe, ’n stad sowat 200 km suidwes van die hoofstad, Harare, is naby twee goudmyne geleë.

Die skool se bestuur het in die verlede gekla oor onwettige mynbedrywighede onder sy terrein.

Mining Zimbabwe berig dat ’n meisie met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem is.

Foto’s op sosiale media wys ’n gat waar die klaskamer se vloer was, met lessenaars, stoele en skooltasse daarin.

Daar was 17 leerlinge van tussen tien en elf jaar oud in die klas ten tyde van die voorval.

Larry Mavima, minister van provinsiale sake, sê die regering het beveel dat die skool gesluit moet word en alternatiewe plasings vir sy leerlinge gevind word, berig News24.

"As regering is ons baie geskok oor hierdie voorval en teleurgesteld dat die mynwerkers nie die nodige maatreëls getref het om die gebied te beveilig om so ’n ongeluk te voorkom nie," sê hy.

Zimbabwe se goudmynboubedryf dra sowat ’n derde by tot die land se uitvoer en lok honderdduisende kleinskaalse, informele mynwerkers wat dikwels onwettig te werk gaan.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.