On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

International

SA-Tottenham-ooreenkoms ‘moet gekanselleer word’

───   14:25 Fri, 24 Mar 2023

SA-Tottenham-ooreenkoms ‘moet gekanselleer word’ | News Article
FOTO: News24

Die omstrede Tottenham Hotspur-borgskapooreenkoms behoort heeltemal geskrap te word.

Dit is die advies van Patricia de Lille, minister van toerisme, aan die SA Toerismeraad.

Sy sê die transaksie is nie in die beste belang van Suid-Afrikaners nie en daar is nie daarvoor begroot nie.

Die voorgestelde transaksie van byna R1 miljard sou daartoe gelei het dat Spurs Suid-Afrika as 'n toeristebestemming bevorder het. Maar in plaas daarvan het dit vroeër vanjaar wydverspreide verontwaardiging veroorsaak.

“Hierdie aangeleentheid is deur baie omstredenheid ontsier en het baie vrae laat ontstaan en ons moet hierdie in die beste belang van die mense van Suid-Afrika oplos,” het sy gesê.

“Wanneer ons sulke massiewe vennootskappe as ’n land aangaan, is dit noodsaaklik dat ons ten volle verantwoordbaar en deursigtig is en Suid-Afrikaners duidelik en eerlik kan antwoord.

"So, gegrond op die raadsvoorsitter se tussentydse reaksie wat ek vanoggend ontvang het, is my raad aan die SA Toerismeraad dat hierdie voorstel net sowel heeltemal geskrap kan word."

OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.