International
SA betoon medelye met Indië ná gru-treinongeluk─── 08:58 Sun, 04 Jun 2023
Pres. Cyril Ramaphosa het 'n boodskap van medelye aan Indië gestuur ná 'n treinongeluk Vrydagaand wat die lewe van minstens 288 mense geëis het.
"President Ramaphosa sê die Suid-Afrikaanse mense dink aan die mense van Indië, veral die families wat geraak word, in hierdie tyd van rou."
Rescuers in India searched for victims at the site of the country's deadliest rail disaster in decades. At least 288 people were killed after two passenger trains and a freight train were involved in what a government report called a “three-way accident.” https://t.co/SSjn8kUNRE pic.twitter.com/jqpWDMq7fv
— The New York Times (@nytimes) June 3, 2023
Die grusame botsing waarby drie treine in die deelstaat Odisha betrokke was, het meer as 850 mense beseer gelaat.
Dit is Indië se dodelikste treinongeluk in meer as 20 jaar.
OFM Nuus
