On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

International

SA betoon medelye met Indië ná gru-treinongeluk

───   08:58 Sun, 04 Jun 2023

SA betoon medelye met Indië ná gru-treinongeluk | News Article
Indië se dodelikste treinongeluk in meer as 20 jaar. FOTO: @livelawindia

Pres. Cyril Ramaphosa het 'n boodskap van medelye aan Indië gestuur ná 'n treinongeluk Vrydagaand wat die lewe van minstens 288 mense geëis het.

"President Ramaphosa sê die Suid-Afrikaanse mense dink aan die mense van Indië, veral die families wat geraak word, in hierdie tyd van rou."


Die grusame botsing waarby drie treine in die deelstaat Odisha betrokke was, het meer as 850 mense beseer gelaat.

Dit is Indië se dodelikste treinongeluk in meer as 20 jaar.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.