International
Akteur loof hof se burgerskapuitspraak─── 07:16 Sun, 18 Jun 2023

Suid-Afrikaners sal nie hul burgerskap verloor wanneer hulle burgers in die buiteland word nie, en niemand is meer opgewonde as die Hollywood-akteur en vervaardiger Stelio Savante nie.
"Ons is gebore en getoë in Suid-Afrika,. In ons harte sal ons altyd Suid-Afrikaners wees, het Savante volgens SA People gesê.
Die Suid-Afrikaans-gebore akteur het op 'n uitspraak van die Appèlhof oor burgerskap gereageer.
??BREAKING: After a five-year court battle by the DA, the Supreme Court of Appeal struck down an apartheid-era loss of citizenship law that was re-introduced by the ANC. Thousands of South Africans abroad who unknowingly lost their SA citizenship can celebrate!#DAatWork pic.twitter.com/pCtCtuJ4EZ
— Democratic Alliance (@Our_DA) June 13, 2023
Die hof het beslis dat Artikel 6(1)(a) van die Suid-Afrikaanse Burgerskapwet (88 van 1995), wat Suid-Afrikaners outomaties van hul burgerskap ontneem het wanneer hulle burgerskap in die buiteland verkry, "strydig met die Grondwet" is.
Algoa FM het berig die wet, wat 'n voortsetting van apartheidswetgewing is, daartoe gelei het dat duisende mense – sommige onwetend – hul burgerskap verloor het.
Stelio het in die vroeë negentigs na Amerika verhuis war hy as akteur en filmvervaardiger werk. Die voormalige Kampsbaai-inwoner woon nou in New York.
"Vanoggend was 'n emosionele een. Ek het nog nooit gehou van die feit dat my Amerikaanse burgerskap teen my gehou word nie, want ek is mal oor hierdie groot nasie. Om letterlik vertel te word dat ek uitgewerp is, het nog nooit reg geklink nie," het hy vandeesweek op Instagram geskryf.
LEES OOK: AfriForum verwelkom hofbeslissing oor Suid-Afrikaanse burgerskap
Die hofuitspraak beteken dat alle Suid-Afrikaners wat hul burgerskap weens die wet verloor het, dit kan laat herstel.
Stelio sê hy is dankbaar vir hierdie groot oorwinning.
"Baie dankie aan die Suid-Afrikaanse Appèlhof en die Demokratiese Alliansie wat die regte ding gedoen het. Ek weet nie of katarsis die gepaste woord is nie, want dit was 'n onreg om mee te begin. Maar dit is beslis 'n antwoord op gebed."
Die Demokratiese Alliansie het die saak hof toe geneem. Lees die Appèlhof se uitspraak op www.saflii.org.