On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Ashmund
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

International

Oekraïne het nou permanente setel by Navo

───   15:47 Wed, 12 Jul 2023

Oekraïne het nou permanente setel by Navo | News Article
Olaf Scholz, Duitse kanselier, en Volodymyr Zelensky, Oekraïne se president. Foto: Twitter

Leiers van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo), het in 'n gesamentlike verklaring ooreengekom om Oekraïne uit te nooi om by dié militêre alliansie van 31 lande aan te sluit.

Op 'n beraad in Vilnius, Litaue, is die deur vir Oekraïne effens wyer oopgemaak deur die land 'n kortpad na lidmaatskap en volgehoue ondersteuning te bied terwyl dit in ’n oorlog met Rusland gewikkel is.

Die leiers het gesê daar sal 'n periodieke oorsig wees van Oekraïne se vordering om die alliansie se standaarde oor demokrasie en militêre integrasie te bereik.


Nie volle lidmaatskap nie, maar Oekraïne het nou permanente setel by Navo

Sky News se internasionale korrespondent John Sparks het beskryf hoe kwessies rondom Oekraïne se lidmaatskap op die grond waargeneem word.

“Mense is teleurgesteld en hulle is merkwaardig verenig. Hulle is tot 'n sekere mate teleurgesteld dat Oekraïne nie as ’n volle lid van Navo toegelaat is nie.

“Daar is begrip daarvoor dat die Amerikaners, die Duitsers en die Franse nie Oekraïne nou ’n volle lid van die organisasie gaan maak nie.

“Dit is duidelik dat Joe Biden nie hierdie konflik met Rusland wil eskaleer nie. As hulle Oekraïne tot die blok toelaat, is die hele blok verplig om direkte hulp te verleen.

“President Volodymyr Zelenskyy sal beslis hierdie teleurstelling gebruik in sy bilaterale vergaderings wat hy vandag hou.”



Een ding wat Navo wel gedoen het, is om 'n Navo-Oekraïne-raad te skep, wat Woensdag vir die eerste keer vergader.

“Dit is basies soos om Oekraïne ’n permanente sitplek by die sytafel te gee,” sê Sparks.

“Dit beteken Zelenskyy sal 'n vergadering met sy Navo-bondgenote kan belê, hy sal met hulle kan konsulteer en hy sal die reg hê om dit te doen.”

Zelensky het egter in 'n twiet gesê die besluit is onduidelik en dat die bewoording bespreek is sonder Oekraïne se verteenwoordigers. Hy het gesê dit gee sy land min duidelikheid oor wanneer en onder watter voorwaardes lidmaatskap toegestaan sal word.

Navo se Artikel 10 van sy stigtingsverdrag beloof lidmaatskap aan enige Europese land wat spesifieke verpligtinge van lidmaatskap kan nakom (burgerlike beheer van die weermag, 'n demokratiese regering en so meer). Om by Navo aan te sluit, moet lande eers 'n lidmaatskap-aksieplan aangebied word, wat 'n formele uitnodiging en 'n pasgemaakte padkaart vir toekomstige lidmaatskap insluit. 

Om so 'n plan te bekom, moet voornemende lede eers uitstaande internasionale, etniese en territoriale geskille vreedsaam oplos. Die probleem wat dit inhou, is voor-die-hand-liggend met Poetin wat 'n land kan saboteer deur 'n konflik te begin.

OFM Nuus


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.