International
Afrika-unie neem amptelik sy stoel in as nuwe G20-lid─── 06:54 Sun, 10 Sep 2023

"Met almal se goedkeuring versoek ek die Afrika-unie se hoof om sy stoel as 'n permanente G20-lid in te neem."
Die Afrika-unie het Saterdag formeel sy stoel ingeneem as 'n nuwe lid van die G20, op uitnodiging van die Indiese premier, Narendra Modi.
AFP berig die uitbreiding van dié blok is 'n noemenswaardige diplomatieke oorwinning vir Modi, wat volgende jaar nasionale verkiesings in die gesig staar en gasheerregte vir vanjaar se forum gebruik het om sy beeld as 'n internasionale staatsman te poets.
Africa’s permanent membership of the #G20, means it has been recognised as a key player on the world economic landscape. #African countries must now leverage this position to accelerate development of their economies & their young populations. ?? #Congratulations @_AfricanUnion pic.twitter.com/ACrRqdahKB
— Hakainde Hichilema (@HHichilema) September 9, 2023
Voor sy openingstoespraak het Modi die voorsitter van die Afrika-unie en Azali Assoumani, president van die Comore, met 'n druk gegroet.
"Indië het 'n voorstel gemaak om permanente lidmaatskap van G20 aan die Afrika-unie te gee. Ek glo dat ons hieroor saamstem," het Modi in sy openingstoespraak aan die beraad gesê.
"Met almal se goedkeuring versoek ek die Afrika-unie se hoof om sy stoel as 'n permanente G20-lid in te neem," het hy bygevoeg en 'n seremoniële hamer geslaan.
The African Union officially joins the #G20 as a permanent member. Chair of the 2023 #G20 Summit, PM Modi of India, welcomed the AU during the Inaugural Session of the #G20, saying that this development will strengthen the #G20 and also strengthen the voice of the Global South.… pic.twitter.com/fyojy1fHuY
— Presidency | South Africa ???? (@PresidencyZA) September 9, 2023
Assoumani het toe sy plek onder wêreldleiers ingeneem op uitnodiging van Indië se minister van buitelandse sake, S. Jaishankar.
Om konsensus onder lede te vind, was die afgelope paar jaar al hoe moeiliker met diep verdeeldheid oor die oorlog in Oekraïne.
"Die wêreld het 'n groot vertrouenskrisis," het Modi in sy openingstoespraak gesê.
"Oorlog het hierdie vertroue verder vertroebel. As ons Covid kan verslaan, kan ons ook hierdie wedersydse vertrouenskrisis oorwin."