On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Vermoorde Harrismith-dominee se vrou uit hospitaal ontslaan

───   16:54 Tue, 18 Dec 2012

Vermoorde Harrismith-dominee se vrou uit hospitaal ontslaan | News Article
Lani Fouché

Bloemfontein - Dorothea Brits, die vrou van die vermoorde dominee van Harrismith, sterk in 'n rehabilitasiesentrum aan nadat sy verlede week uit Mediclinic Bloemfontein ontslaan is.

Hospitaalwoordvoerder, Elizma van Aswegen, sê sy is Vrydag ontslaan en na Pasteur-hospitaal in die stad oorgeplaas.

Dorothea is die week vantevore - kort nadat sy haar bewussyn herwin het - van haar man, ds Willem, se dood ingelig, en dat haar seun, Martin, verdink word van die moord. Sy moes ook hoor dat haar aanstaande skoonseun, Gerhardus Vermeulen, in hul pastoriehuis saam met haar man vermoor is.

Die drie is glo verlede maand deur Martin en 'n medebeskuldigde, Elliot Mhlambi, in hul huis met 'n byl aangeval.

Vermeulen is doodgeskiet.

Dorothea het erge hoofbeserings opgedoen.

Hul dogter, Thea, wat ook ten tyde van die voorval in die huis was, is ongedeerd.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.