On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

Dogter van vermoorde Harrismith-dominee verskyn vir diefstal

───   07:05 Fri, 08 Feb 2013

Dogter van vermoorde Harrismith-dominee verskyn vir diefstal | News Article
Lani Fouché -

Harrismith - Thea Brits, die dogter van die vermoorde dominee Willem Brits van Harrismith, sal vandag weer in die dorp se landdroshof verskyn. Sy is van diefstal aangekla omdat sy glo haar verloofde se bankrekening leeggemaak het na sy moord verlede jaar. Die nasionale vervolgingsgesag het vroeër gesê sy staar ook 'n aanklag van die rig van 'n vuurwapen in die gesig. Die besonderhede oor dié klag is egter nog duister. Thea se pa en haar verloofde, Gerhardus Vermeulen, is verlede jaar in hul pastoriehuis vermoedelik deur haar broer, Martin, en 'n medebeskuldigde, Elliot Mhlambi, vermoor. Haar ma, Dorothea, is ernstig beseer en sterk tans in die Life Pasteur-hospitaal in Bloemfontein aan.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.