On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Valke arresteer 16 amptenare by Caledonspoort-grenspos

───   17:11 Tue, 07 May 2013

Valke arresteer 16 amptenare by Caledonspoort-grenspos | News Article
Christopher Motabogi

Die Valke het vandag groot sukses behaal in hul stryd teen misdaad, met die arrestasie van 16 amptenare van die Calendonspoort Grenspos in die Vrystaat.

Die Valke se nasionale woordvoerder, Paul Ramoloko sê die verdagtes sal die aand in die selle deurbring voor hulle hofverskyning in die Fouriesburg Landdroshof môre-oggend.

“Nege verdagtes is polisielede, ses is immigrasie-amptenare en een is van die gesondsheidsdepartement,” het Ramoloko gesê.

Hy sê die verdagtes is vir vyf maande deur ondersoekbeamptes dopgehou en het, na verneem word, groot bedrae geld aanvaar om mense se paspoorte onwettig te stempel.

Ramoloko sê die verdagtes sal aanklagte van bedrog, korrupsie en die oortreding van immigrasie-wette in die gesig staar.


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.