Local News
Vryfees stel nuwe feesdirekteur aan─── KARIEN JORDAAN 06:00 Tue, 09 Sep 2014
Bloemfontein - 'n Australies gebaseerde kulturele konsultant en bestuurder in die Australiese Raad vir die Kunste, met sterk Vrystaatse familiebande, is aangestel as nuwe feesdirekteur van Vryfees.
Ricardo Peach is 'n Suid-Afrikaner, wat sedert 11-jarige ouderdom in Australië woon, nadat sy ouers daarheen geëmigreer het.
Voorsitter van die Vryfees-bestuurskomitee, Annalize Doubell sê as onafhanklike konsultant is Peach sedert verlede jaar verantwoordelik vir die ontwikkeling van die Vryfees en die UV se Program vir Innovering in Kunsvormontwikkeling.
Doubell sê die hoë gehalte van aansoekers vir die pos spreek van die huidige gesondheid en groeipotensiaal van die Vryfees.
Peach het in 2005 'n PhD in menslike en sosiale wetenskappe aan die Sydney Universiteit van Tegnologie behaal. Sy tesis het oor kruis-kulturele vergelykings tussen aspekte van die filmbedryf in Australië en Suid-Afrika gehandel.

Peach begin amptelik op 1 Oktober as feesdirekteur van Vryfees werk.
Hy neem die leisels oor by Adri van Veijeren, wat na agt jaar as direkteur die tuig neerlê.
Karien Jordaan/OFM-nuus
Annalize Doubell: