Local News
Kimberleyse juwelier in winkel geskiet en beroof─── KARIEN JORDAAN 10:17 Sun, 02 Nov 2014
Kimberley - 'n Kimberleyse juwelierswinkel-eienaar is gewond tydens 'n gewapende rooftog in die stad.
Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, Andrea Cloete, sê Philip du Plessis was skuins na 09:00 in The Jewellery Shop, op die hoek van Long- en Blackstraat, toe twee gewapende mans, die een in polisie-uniform, instap en 'n vuurwapen op hom rig.
Cloete sê Du Plessis is reeds uit die hospitaal ontslaan.
Cloete sê Du Plessis is reeds uit die hospitaal ontslaan.
Niemand is nog aangekeer nie.
Karien Jordaan/OFM-nuus
Andrea Cloete:
