Local News
VFPlus kap ANC oor VS-munisipaliteite se skuld─── OWEN KOCK 14:44 Tue, 18 Nov 2014

Bloemfontein - Die Vryheidsfront Plus in die Vrystaat het sy stem dik gemaak oor die finansiële verknorsing waarin verskeie munisipaliteite in die provinsie hulle bevind.
Volgens Wouter Wessels kan die situasie toegeskryf word aan die feit dat uitstaande debiteure by munisipaliteite vir jare eenvoudig net gelos is, terwyl hulle nog steeds dienste ontvang het.
Hy sê uitstaande debiteure is nou buitensporig hoog met die Matjhabeng-munisipaliteit in Welkom wat uitstaande debiteure van R1,49 miljard het terwyl Mangaung sit met ‘n bedrag van oor die R3,4 miljard.
Wessels sê verder dat daar in die verlede nie politieke wil was nie en daarby was daar politieke sensitiwiteit om nie die kieser te ontstel nie.
Owen Kock/OFM-nuus
Owen Kock/OFM-nuus
Wouter Wessels: