Local News
EVV kap ANC op kongres─── 15:18 Mon, 15 Dec 2014

Bloemfontein - Suid-Afrikaners wil nie toelae hê nie. Hulle soek eerder vaste werk wat aan hul menswaardigheid bied.
So sê die EVV se politieke opvoeder en beleidnavorser, Mlungisi Rapolile aan afgevaardigdes op die party se nasionale kongres.
Hy beskuldig ook die ANC van skynheiligheid, omdat sy leiers beloftes gemaak het met die nasionale verkiesing wat hulle nie nagekom het nie. Rapolile het na Zuma gekap wat onlangs gesê het Suid-Afrikaners is lui en wou weet waarom Zuma dit nie in die verkiesing kwyt geraak het nie.
Volgens Rapolile is die EVV nie teen wit mense gekant is nie, maar sy stryd is teen die wit monopolie-kapitaal. Die kongres duur tot môre.
Sapa