On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 Saturday Nights with OFM
Listen Live Streams

Local News

Dis nie beurtkrag... Eskom sit dalk krag hiér daagliks af

───   14:16 Fri, 10 Apr 2015

Dis nie beurtkrag... Eskom sit dalk krag hiér daagliks af | News Article

Bloemfontein - Sowat 20 munisipaliteite regoor die land, maar meestal in die Vrystaat, se krag word dalk van 5 Junie vanjaar daagliks onderbreek.

Eskom sê die munisipaliteite se uitstaande skuld van sowat R3.8 miljard kan nie geduld word nie - dit ondermyn sy verpligting om krag aan die land te voorsien.
 
Maandae to Vrydae sal krag van 06:00 tot 10:00 en van 17:00 tot 21:00 onderbreek word. Op Saterdae en Sondae sal krag van 07:00 tot 10:00 en weer van 17:00 tot 20:00 onderbreek word. Die kragvoorsiener het reeds die munisipaliteite in kennis gestel.
 
Die munisipaliteite sluit onder andere in: 
 
-  Maluti-a-Phofung Munisipaliteit
-  Matjhabeng Munisipaliteit
-  Emalahleni Plaaslike Munisipaliteit
-  Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit
-  Thaba Chweu Plaaslike Munisipaliteit
-  Lekwa Plaaslike Munisipaliteit
-  Govan Mbeki Munisipaliteit
-  City of Matlosana Plaaslike Munisipaliteit
-  Naledi Plaaslike Munisipaliteit
-  Thabazimbi Plaaslike Munisipaliteit
-  Msukaligwa Plaaslike Munisipaliteit
-  Lichtenburg Munisipaliteit
-  Nala Plaaslike Munisipaliteit
-  Makana Plaaslike Munisipaliteit
-  Madibeng Plaaslike Munisipaliteit
-  Randfontein Plaaslike Munisipaliteit
-  Dihlabeng Munisipaliteit
-  Nketoana Plaaslike Munisipaliteit
-  Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit
-  Westonaria Plaaslike Munisipaliteit.
 
Verklaring verskaf

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.