Local News
Kuruman-plaasmoord: Niemand nog vasgetrek─── CHRISTAL-LIZE MULLER 08:37 Mon, 01 Jun 2015

Kuruman - Die polisie in die Noord-Kaap het nog niemand in hegtenis geneem in verband met die moord op 'n 64-jarige boer van Kuruman nie.
OFM-nuus het verlede week berig dat Christo Kruger Donderdag omstreeks 20:00 deur 'n gesluite traliehek van ‘n buitedeur in sy plaashuis in die bors geskiet is.
Volgens polisiewoordvoerder Sergio Kock was Kruger en sy 55-jarige vrou, Vera, alleen tuis. Sy is fisies ongedeerd.
Kock sê dit is nog onbekend hoeveel aanvallers betrokke was by die aanval.
Kock kon nie bevestig of die aanvallers iets op die plaas gesteel het nie.
Kock kon nie bevestig of die aanvallers iets op die plaas gesteel het nie.
Christal-Lize Muller/OFM-nuus
Sergio Kock: