Local News
Verdagtes verskyn weens beweerde moord op NK-boer─── OWEN KOCK 06:53 Mon, 15 Jun 2015

Kuruman - Drie verdagtes sal na verwagting vanoggend in die landdroshof op Kuruman verskyn in verband met die moord op die 64-jarige boer, Christo Kruger.
Frank Itumeleng en Ben Thabo, voormalige werknemers van Kruger, is vroeër die maand aangekeer terwyl Frank Swarts verlede Dinsdag in hegtenis geneem is.
Kruger is op 28 Mei omstreeks 20:00 in sy plaashuis doodgeskiet. Hy en sy vrou, Vera, was alleen in die huis tydens die voorval. Sy is ongedeërd.
Owen Kock/OFM-nuus