On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Olebogeng
Show Background
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Local News

Likwidateure koop glo self kos vir honger leeus

───   SABRINA DEAN 18:12 Mon, 20 Jul 2015

Likwidateure koop glo self kos vir honger leeus | News Article

Kroonstad - Die likwidateure van die Lechwe Lodge naby Kroonstad sê dat hulle op hul eie onkoste vleis gekoop het om die leeus op die wildplaas te voer.

Na aanleiding van 'n navraag oor ondersoeke wat tans aan die gang is oor die dood van twee leeus op dié plaas het Matsepes Attorneys se Kobus Senekal die versekering gegee dat daar na die oorblywende diere se welstand omgesien word.

Senekal het aan OFM-nuus gesê dat die vorige eienaar van die lodge, Sarel Wessels, die publiek doelbewus mislei en probeer om die likwidateure in 'n slegte lig te plaas.
 
In 'n brief aan die media sê Senekal dat Wessels blatant jok wanneer hy sê dat hy die eienaar van die diere is. Hy het volgens Senekal onder eed gesê dat die wild aan sy broer, Tiaan Wessels behoort.
 
Senekal voeg by dat daar 'n hofinterdik uitgereik is wat Sarel verbied om die eiendom te betree weens skade wat hy voorheen daar aangerig het.
Sabrina Dean/OFM-nuus





Podcasts

Kobus Senekal:

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.