Local News
VS departement oorgehaal vir matriekeksamen─── CHRISTAL-LIZE MULLER 11:34 Thu, 10 Sep 2015

Bloemfontein - Die Vrystaatse onderwysdepartement is slaggereed en alle stelsels is in plek vir die matriekeksamen wat vanjaar op 26 Oktober begin.
Dit volgens die adjunk-direkteur-generaal van die departement, Motseki Monnane, wat gister ‘n voorlegging aan die verkose komitee vir onderwys en ontspanning in Bloemfontein gedoen het. Hy sê die departement van basiese onderwys het reeds verlede maand die provinsiale departement die groenlig gegee.
Monnane sê beamptes het inspeksies uitgevoer om die gereedheid vir die eksamen in die Vrystaat te bepaal. Meer as 35 000 matrikulante het vanjaar vir die eksamen geregistreer. Sowat 5 200 leerlinge met spesiale behoeftes, wat insluit blindes en dowe leerlinge, het ook geregistreer.
Volgens Monnane sal altesaam 9 028 leerlinge na verwagting vraestelle in wiskunde en fisiese wetenskap aflê. Hy het verder aangedui meer as 2 400 moderators en nasieners sal by altesaam 18 nasiensentrums aangestel word.
Christal-Lize Muller/OFM-nuus