Local News
Drie verskyn weer ná Kuruman-plaasmoord─── DANE BEISHEIM 09:30 Mon, 21 Sep 2015

Kuruman - Drie verdagtes wat in hegtenis geneem is weens die moord op Christo Kruger, ’n 64-jarige boer van Kuruman in die Noord-Kaap, verskyn na verwagting vandag weer in die hof.
Frank Swart, Frank Itumeleng en Ben Thabo is sedert hul inhegtenisname in aanhouding.
Kruger is op 28 Mei op sy plaas in die bors geskiet. Kruger en sy vrou, Vera (55), was alleen by hul huis. Sy is nie in die voorval beseer nie.
Dane Beisheim/OFM-nuus