On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Heidedal-geweld: Polisie maan skoolgemeenskap van Bloemfontein tot kalmte

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:42 Wed, 23 Sep 2015

Heidedal-geweld: Polisie maan skoolgemeenskap van Bloemfontein tot kalmte | News Article

Bloemfontein - Die polisie in Bloemfontein ondersoek 'n klag van poging tot moord nadat 'n jong man vanoggend by die Petunia Sekondêre Skool in Heidedal deur lede van die gemeenskap aangerand is.

Polisiewoordvoerder, Zweli Mohobeleli, sê die jong man is aangerand omdat hy vermoedelik deel is van 'n berugte bende wat vrees inboesem by die gemeenskap.

Hy sê ná die voorval omstreeks 08:00 het ouers hul na skole in Heidedal gehaas om hul kinders af te haal nadat gerugte soos 'n veldbrand versprei het dat bendelede toeslaan op skole en leerlinge aanrand. Mohobeleli sê die gerugte is onwaar. Hy maan die skoolgemeenskap van Bloemfontein tot kalmte. Volgens hom is daar geen rede tot paniek nie en die polisie monitor die situasie in Heidedal.

Mohobeleli sê niemand is in hegtenis geneem nie. OFM-nuus verneem dat ouers by verskeie ander skole in Bloemfontein al opgedaag het om hul kinders huis toe te neem. Hy sê geen ander voorvalle is aangemeld nie.  

Christal-Lize Muller/OFM-nuus


Podcasts

Zweli Mohobeleli:

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.