On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Olebogeng
Show Background
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Local News

Aardklop: Die einde van 'n era

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:55 Thu, 25 Feb 2016

Aardklop: Die einde van 'n era  | News Article
File photo

Potchefstroom - Die Aardklop-stigting het 'n doelstelling om die kunstebedryf in Suid-Afrika te ondersteun en te bevorder.


In die lig daarvan is die besluit geneem dat die Aardklop Nasionale Kunstefees nie voortaan aangebied gaan word nie.

Uitvoerende hoof van die fees, Andries Vrey, sê die besluit is deur die direksie geneem nadat navorsing daarop gedui het dat die kunste met die nodige hulpbronne en die stand van die bedryf bevorder kan word en hoër hoogtes kan bereik.

Vrey sê dit is die einde van 'n era, maar nuwe inisiatiewe kan 'n meer dinamiese bydrae lewer. Mense van oor die land heen stroom sedert 1998 na Potchefstroom om die kunstefees by te woon.

Vrey sê inligting sal binnekort verskaf word oor 'n nuwe model en 'n inisiatief wat vanjaar reeds in plek gestel gaan word.

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.