On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
Show Background
NEXT: 20:00 - 23:59 Saturday Nights with OFM
Listen Live Streams

Local News

Geen geld vir uitspattige en duur funksies - NK LUR

───   14:33 Thu, 10 Mar 2016

Geen geld vir uitspattige en duur funksies - NK LUR  | News Article

Upington - Geen uitspattige en duur regeringsfunksies sal in die komende boekjaar in die Nood-Kaap goedgekeur word nie.


Die LUR vir Finansies, Mac Jack, het die aankondiging gedoen tydens sy begrotingstoespraak in Upington.

Jack sê buitelandse toere sal ook beperk word tot relevante amptenare en lede van die uitvoerende komitee.

Hy sê daar gaan die komende jaar ook gepoog word om die beskadiging van staatseiendom, soos voertuie, telefone en ambulanse te beperk. Donasies en borgskappe sal onder meer ook eers voorgelê moet word vir goedkeuring.

André Grobler berig die regering se personeelstaat is een van die Noord-Kaap se grootste uitgawes, maar dit gaan besnoei word.

Die Noord-Kaap se personeelstaat gaan ook bestudeer word met die oog op besparing. Alle vakante poste is onmiddellik gevries en kritiese poste moet onder die aandag van Tesourie en die premier gebring word. Poste wat oop gaan weens natuurlike sterftes kan ook nie gevul word sonder toestemming nie. ‘n Volledige oorsig gaan gedoen word van elke departement se personeelstaat om onaktiewe personeel te verwyder.

Verder sal gee verlof omgeskakel word in kontant nie, behalwe in die geval wanneer die persoon die staatsdiens verlaat.

André Grobler/OFM-nuus


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.