Local News
Hulp gevra met uitkenning van lyk─── ANDRE GROBLER 10:26 Sat, 16 Jul 2016

Welkom - Die Vrystaatse polisie soek na enigiemand wat kan help met die uitkenning van ‘n lyk wat langs die N1-hoofroete naby Heuningspruit gevind is.
Polisiewoordvoerder, Stephen Thakeng, sê ‘n motoris het op die lyk afgekom en die polisie geskakel.
Thakeng sê die lyk word by die Kroonstad-staatslykhuis gehou vir uitkenning. Die persoon het ‘n wit trui, blou jeans en bruin skoene gedra.
Enigiemand wat kan help met die uitken van die persoon kan die Heuningspruit-polisie skakel of Speurder Lebohang Dunster by 082 4666 819.
OFM-nuus
Polisiewoordvoerder Stephen Thakeng: