Local News
Meer as 150 verdagtes ontsnap uit polisie-aanhouding─── CATHY DLODLO 08:47 Wed, 02 Nov 2016

Bloemfontein - Sowat 162 verdagtes het tydens die vorige boekjaar in sentraal Suid-Afrika uit polisie-aanhouding ontsnap.
Dit is volgens statistieke wat in die 2015/16-jaarverslag van die Suid-Afrikaanse Polisiediens vervat is.
Die meeste voorvalle - 90 - het in Noordwes plaasgevind. Altesaam 34 aangehoudenes in die Noord-Kaap en 38 in die Vrystaat het uit polisie-aanhouding ontsnap.
Op nasionale vlak het 949 verdagtes ontsnap met 277 wat onmiddellik weer in hegtenis geneem is. Die meeste voorvalle het by tydelike aanhoudingselle by gemeenskapsdienssentrums en tydens hofverskynings plaasgevind.
OFM-nuus