On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Anny
Listen Live Streams

Local News

Sinkgat: Geologiese verslag nog nie beskikbaar nie

───   MARK STEENBOK 08:44 Wed, 08 Feb 2017

Sinkgat: Geologiese verslag nog nie beskikbaar nie | News Article
OFM-nuus

Kuruman - Die Noord-Kaapse departement van openbare werke sê die geologiese verslag oor die sinkgat, wat in Januarie ná gietende reën op die R31 tussen Daniëlskuil en Kuruman ingeval het, is nog nie beskikbaar nie.


Chrystal Robertson, departementele woordvoerder, sê hulle kon dus nog nie op ‘n moontlike herstelplan en verbypad vir die roete besluit voordat hulle die verslag met aanbevelings ontvang het nie. Robertson sê die verslag sal onder meer help om te bepaal waar ‘n verbypad aangebring kan word.


Die R31 is ‘n groot dryfveer vir die ekonomie in die streek.


Padverbruikers word aangeraai om steeds van die Postmasburg-roete gebruik te maak.


OFM-nuus


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.