On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Classic Sundays with Tony
Listen Live Streams

Local News

Oorsaak van Karel Schoeman se dood nog nie bekend

───   MARK STEENBOK 05:56 Fri, 05 May 2017

Oorsaak van Karel Schoeman se dood nog nie bekend | News Article
Karel Schoeman/Wikipedia

Bloemfontein - Die oorsaak van die dood van die bekroonde Afrikaanse skrywer, Karel Schoeman, is nog nie bekend nie.


Die 77-jarige, 'n boorling van Trompsburg in die Vrystaat, is Dinsdagoggend in die Noorderbloem-aftreeoord in Bloemfontein dood aangetref. 


Carl van Rensburg, Schoeman se prokureur, sê die nadoodse ondersoek is nog nie afgehandel nie. 


Schoeman het voor sy dood in 'n brief met die opskrif "Verklaring" geskryf oor sy plan om sy lewe te beëindig. Van Rensburg het vroeër gesê dat die dokter Schoeman se dood as onnatuurlik aangedui het.


OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.