Local News
Groot dele van Lesotho in sneeukombers gehul─── CATHY DLODLO 10:14 Sat, 13 May 2017
Bloemfontein - Groot dele van Lesotho is in ‘n spierwit sneeukombers gehul nadat vlokkies laasnag begin val het.
Paaie by die Afriski Mountain Resort in Lesotho is reeds gesluit. Martin Schurtz van Afriski sê nuuskieriges moet eerder nie na sneeugesteisterde gebiede probeer ry nie.
Intussen berig die SAUK bibberweer is vandag Suid-Afrikaners se voorland met nog voorspellings van sneeu oor die suidelike gedeelte van die Drakensberge en ysige koue weer vir die res van die land.
Sneeu het gister begin uitsak oor dele van Lesotho en die Oos-Kaapse berge.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ysige toestande voorspel vir die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, dele van die binneland, insluitende die Oos-Vrystaat, Mpumalanga, die Hoëveld en Gauteng.
Deel gerus jou sneeufoto's op ons Facebookblad, OFM the sound of your life of Whatsapp dit na 084 222 9497.
OFM-nuus
Martin Schurtz van Afriski :
