On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Local News

Vulstasie tweede keer in een jaar beroof

───   MARK STEENBOK 11:00 Wed, 05 Jul 2017

Vulstasie tweede keer in een jaar beroof | News Article
Photo: Mark Steenbok

Bloemfontein - Bedrywighede by 'n vulstasie op die N1 buite Bloemfontein gaan voort soos normaal ná 'n gewapende rooftog vroeg vanoggend.


Die eienaar van die vulstasie, wat verkies om anoniem te bly, het aan OFM-nuus gesê 'n groep mans het omstreeks 03:00 die vulstasie se geriefswinkel binnegestorm. Hulle het later met sigarette en ‘n onbekende bedrag geld op die vlug geslaan.

Hy sê 16 werknemers was aan diens. Hulle is ongedeërd.

Die eienaar sê hy is dankbaar dat daar nie groot skade aan die winkel aangerig is nie. Dit kom nadat dieselfde vulstasie verlede jaar in September beroof is. Twee kluise van die restaurant by die vulstasie is toe opgeblaas.

Intussen sê polisiewoordvoerder, Chaka Marope, dat nege swaar gewapende mans gesoek word. Volgens hom het die rowers vanoggend met 'n motor wat by die vulstasie geparkeer was, op die vlug geslaan.

“Geen skote is gevuur nie en niemand is in die voorval beseer nie. Hulle was gewapen met ‘n pistool en het dit in die rigting van ‘n petroljoggie en ‘n kassier gewys. Een van die rowers het toe later oor die toonbank gespring en die kasregister leeg gemaak. Enigiemand met inligting kan die polisie skakel,” sê Marope.

Die polisie ondersoek ‘n saak van sakeroof.


OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.