On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

Sovereign, ‘n nuwe baken in Bloemfontein

───   08:34 Tue, 10 Apr 2018

Sponsored08:34 Tue, 10 Apr 2018
Sovereign, ‘n nuwe baken in Bloemfontein | News Article

Die groot motormaatskappy, Imperial, het in 1995 die BMW-handelaarskap in Kerkstraat by Bill Troskie oorgeneem en vir baie jare was dit die tuiste van Sovereign Bloemfontein.


In daardie stadium was daar slegs drie modelreekse in die BMW-stal beskikbaar, naamlik die 3-, 5- en 7-reeks.Voertuigverkope, onderdeleverkope en die diensafdeling was die maatskappy se kernbesigheid.

‘n Jaar later het Land Rover deel geword van Sovereign, maar in 2002 het BMW Duitsland die Land Rover-agentskap verkoop en het die twee handelsmerke se paaie geskei.


Die Duitsers het die Mini behou in die plek van Land Rover en dié ikoon het toe deel van Sovereign geword.

In 2004 het die onderneming ‘n groot waagstuk aangegaan en uit die “mekka vir motorhandelaars” verhuis na die hoek van Eerstelaan en Charlesstraat in die Bloemfonteinse middestad, waarvandaan Sovereign tans steeds sake doen.

Sedert 2004 het Sovereign vele sukses oomblikke beleef en het die onderneming van krag tot krag gegaan.

In 2009 het Sovereign die paneelwinkel (ARC)-afdeling bygekry. In 2011 word Motorrad, die BMW-motorfietshandelsmerk, in die familie verwelkom. Dit het van Sovereign Bloemfontein een van baie min handelaars gemaak wat letterlik ‘n eenstopdiens vir motoriste lewer – van verkope tot dienste, van BMW tot Mini, en van motors tot motorfietse.

Met die ongekende groei van die vorige aantal jare, het die groep in 2012 besef dat die huidige perseel nie meer groot genoeg is om al hul afdelings te akkommodeer nie. Om dus voorsorg te tref vir verdere groei, het die groep begin uitkyk vir ‘n nuwe perseel.

Met BMW-motors, Mini- en Motorrad-modellereekse wat meer geword het, het ruimte ‘n groot probleem geword. Toeganklikheid en gerief was nog ‘n groot oorweging.

Sovereign Bloemfontein het toe besluit op ‘n nuwe perseel in Langenhovenpark. In Maart 2016 het die onderneming goedkeuring gekry om voort te gaan met die bouwerk.

Volgens Rohan Makaum, handelaarhoof, is die nuwe gebou gebaseer op BMW se Future Retail-program, en gaan innoverende tegnologie en ‘n stempel van individualiteit duidelik wees in die voorkoms van die gebou. “Ons wil die leiers in die mark wees en altyd voorbly. Die nuwe gebou gaan aan elke kliënt ‘n unieke ervaring bied. Sovereign glo in deursigtigheid en om op ‘n eerlike wyse sake te doen,” sê Rohan. “Word deel van die Sovereign-familie en ervaar die hoogste vorm van puik kliëntediens.”

Kliënte word genooi om die uniekheid en ‘n nuwe wêreld te ervaar wanneer die splinternuwe Sovereign Bloemfontein op Woensdag 2 Mei 2018 sy deure in Langenhovenpark open.

#TeamSovereign

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.