On Now
Weekends 20:00 - 22:00
Sunday Night OFM
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Local News

Rentekoerse kan binnekort dalk weer styg

───   17:52 Thu, 13 Aug 2009

Rentekoerse kan binnekort dalk weer styg | News Article

Alani Janeke

Johannesburg - Ekonome verwag dat rentekoerse binne die volgende paar maande weer kan begin styg. Dit volg na die President van die Reserwebank, Tito Mboweni, vanmiddag aangekondig het dat rentekoerse volgende maand met 50 basispunte gaan verlaag. Die prima-uitleenkoers sal dan na 10.5% verlaag, terwyl die terugkoopkoers sewe persent sal wees. Die Efficient-groep se Freddie Mitchell sê hulle verwag dat dit die laaste daling vir die jaar sal wees. Intussen meen kenners die rentekoersverlaging gaan 'n baie positiewe invloed op die huismark hê. Volgens ABSA se Jaques du Toit is rentekoerse sedert Desember verlede jaar met 500 basispunte gesny, en is hulle nou op dieselfde vlakke as in 2006, voor hoë inflasie rentekoerse opwaarts gedryf het. Hy sê hoewel dit tyd neem vir die verlaging om na verskeie sektore deur te syfer, meen hulle dit sal die huismark stimuleer.

 

 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.