On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with OFM
Listen Live Streams

Local News

Boerboel byt seuntjie (3) in die gesig

───   16:46 Sun, 29 Jan 2012

Boerboel byt seuntjie (3) in die gesig | News Article

Bloemfontein - 'n 3-jarige seuntjie is vanoggend in Mediclinic Bloemfontein opgeneem nadat hy deur 'n boerboel aangeval is. ER24 woordvoerder Vanessa Jackson sê 'n gesin, oorspronklik van Brakpan, het die naweek by 'n gastehuis in Winburg oorgebly vir 'n troue. Jackson sê die seuntjie en 'n ander kind het vanoggend buite gespeel toe die hond die seuntjie in die gesig gebyt het.  Sy sê dit is onduidelik wat die rede vir die aanval was.  Die kind se pa het spoedig tot sy redding gekom, en het die hospitaal geskakel.

'n ER 24 ambulans het met die ouers kontak gemaak, en het die kind op die N1 in die ambulans oorgelaai.  Hy is tans in 'n stabiele toestand.  Die lot van die hond is in hierdie stadium onbekend. 

- ER 24


Podcasts

Boerboel byt seuntjie (3) in die gesig:

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.