On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Mid-Morning Magic

Living Limitless - Amelia Nasorgsentrum in Potchefstroom

───   09:03 Wed, 27 Oct 2021

Living Limitless - Amelia Nasorgsentrum in Potchefstroom | News Article

Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens vind meer uit oor Amelia Nasorgsentrum. Luister na die potgooi hieronder.

Amelia Nasorgsentrum sien om na persone met intellektuele gestremdheid wat nie in die openbare abeidsmark kan funksioneer nie.

LEES OOK: Living Limitless: Serving those without sight

Yolanda Maartens gesels in Living Limitless met Hannelie Steyn, bestuurder by die sentrum oor die werk wat hulle doen. Steyn noem dat kontant een van hul grootste behoeftes is, veral tydens die grendeltydperk. 

Dié sentrum het tans 125 inwoners en 23 dagwerkers. Voor die pandemie het hulle gereeld markies gehou waar hulle hul inwoners se artikels, wat in werkswinkels, oftewel terapieklasse gemaak word, tentoongestel het en verkoop het, maar hierdie kan nou besigtig word op hul Facebook-blad.

In die potgooi hieronder deel Steyn meer oor die grootste lesse wat die inwoners haar oor die jare geleer het, asook hoe die publiek kan help.


Once a month in the OFM Family Focus we connect with organisations that work with people and children living with disabilities in our region. If you know of such an organisation in Central SA contact Yolanda at yolandam@ofm.co.za.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.