On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Mid-Morning Magic

#OFMKunsteklop - SA-Kwiltgilde bied hul "Hands Up"-uitstalling

───   08:50 Thu, 12 May 2022

#OFMKunsteklop -  SA-Kwiltgilde bied hul "Hands Up"-uitstalling  | News Article

In hierdie week se #OFMKunsteklop gesels Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens met Iessie Steenberg oor die "Hands Up"-uitstalling, wat deur die South African Quilters' Guild (SAQG) Onderwysersforum aangebied word.

Luister na hulle gesprek hier:

Yolanda en Iessie gesels oor wat hierdie uitstalling beteken en hoekom hulle besluit het om hande uit te beeld. Iessie vertel ook wat sy geleer het tydens hierdie maak van haar hand/blok vir die kwilt-uitstalling.

Die titel, Hands Up Collection, stel voor: Sluit my in, ek is in, ek is nog hier, ek sal dit maak, ek is vrywillig, ek is steeds..! Hierdie hand-opsteek het ten doel om die kwiltonderwysers se gemeenskap en solidariteit met mekaar, hul diversiteit, hul kreatiwiteit en wat die SAQG kwiltonderwysers kan bied, te simboliseer.

Lees ook: #OFMKunsteklop – Picture This

Die uitstalling kan van 7 April tot 22 Mei 2022 in die hoofgebou van die Oliewenhuis-Kunsmuseum besigtig word. Die kunsmuseum is geleë in Harry Smithstraat 16, Bloemfontein en is oop vir die publiek van Maandag tot Vrydag tussen 08:00 en 17:00, en op Saterdae, Sondae en openbare vakansiedae tussen 09:00 en 16:00. Toegang is gratis en veilige parkeerplek is beskikbaar vir besoekers.

As jy belangstel om te leer kwilt, kontak gerus vir Iessie by 082 705 5279. 

Om meer uit te vind oor die uitstalling, kontak die Oliewenhuis-Kunsmuseum by 051 011 0525  of oliewen@nasmus.co.za.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.