On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Mid-Morning Magic

#OFMKunsteklop: Gallery House BFN 'n tuiste vir die kunste

───   08:16 Thu, 16 Jun 2022

#OFMKunsteklop: Gallery House BFN 'n tuiste vir die kunste  | News Article

In hierdie week se #OFMKunsteklop gesels Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens met sanger-liedjieskrywer, kitaarspeler en visuele kunstenaar, Belinda van Zwijndrecht, wie haar tuiste in 'n galery omskep het.

Luister na hulle gesprek hier:

Belinda het haar liefde vir musiek en die kunste gekombineer en beoog om haar talent en passie te deel met diegene wat daarin belangstel om te leer. Haar reis met Gallery House Bloemfontein het begin toe sy klas gegee het vir 'n inkomste en het later net aangehou tot sy haar huis se deure vir die publiek oopgemaak het.

Gallery House Bloemfontein bied ietsie van alles aan, van musieklesse tot kunsklasse, tuinkonserte en meer.

Lees ook: #OFMKunsteklop – Niks "mini" aan Vrystaat Kunstefees se Mini-Mark in Julie

Yolanda en Belinda gesels oor wie almal welkom is en waarmee hul tans besig is. Belinda deel ook 'n baie spesiale boodskap vir mede-kunstenaars.

Besoek hulle op Facebook of Instagram by Gallery House.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.