Agriculture
'Vleisboere nie sleg daaraan toe'─── 15:01 Fri, 05 Jul 2013
Dirk Kok - Die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) is van mening die weidingspermitte van wat aan vee uit Lesotho toegestaan word, is onwettig en hy het ’n regsmening hieroor aan die staat se prokureurs gegee.
Maak die regering nie werk hiervan nie, sal die RPO hom tot die hooggeregshof wend, het Lardus van Zyl, voorsitter van die nasionale RPO, op die kongres van die Vrystaatse RPO in Bloemfontein gesê.
Hy het gesê daarmee saam word die beweerde gekonkel met die invoer van speenkalwers uit Namibië ook verder met die regering bespreek.
“Dit (die weidingspermitte) is ’n aaklige ding deur die regering wat nooit moes gebeur het nie. Dit is totaal onwettig, wat my aanbetref.
“Permitte word gegee vir vee wat veronderstel is om terug te gaan Lesotho toe, maar dit kan nie teruggaan met die bek-en-klouseer-status in Suid-Afrika nie. Daardie diere is dus in die land om hier te bly en mag nie teruggaan nie.
“Die tweede probleem daaromtrent is dat dit oorgebring word met die veronderstelling dat dit teruggaan en daar word nie BTW by die grensposte daarop gehef nie. So kom dit 14% goedkoper in die land in: lekker BTW-vry.”
Van Zyl het ook gesê die regering pas nie die regulasies vir die inbring van vee toe soos dit moet nie.
“Die regulasies is baie duidelik. Vee kan slegs op een manier in die land inkom en dit is met ’n veeverbeteringspermit. Dit is onmoontlik om enige ander dier as ’n stoetdier met ’n veeverbeteringspermit die land in te bring.
“Nou het die staat gegaan en sy posisie misbruik met die uitreiking van dieregesondheidspermitte wat eintlik daar is om toe te sien dat diere onder ’n veeverbeteringspermit gesond is. Nou gebruik hulle los en vas gesondheidspermitte om diere die land in te bring.”
Oor boere se negatiwiteit die afgelope maande oor swak vleispryse het hy gesê Suid-Afrikaanse produsente is met die ad valorem-invoertarief van 40% nie sleg daaraan toe nie en min of meer op dieselfde vlak as produsente in Australië. Die ad valorum-tarief beskerm Suid-Afrikaanse boere in ’n groot mate teen lande soos Australië en Brasilië.
Invoerders het dit ook nie so maklik nie, het hy gesê.
Invoere beloop huidiglik 30 000 ton per jaar, terwyl dit ’n paar jaar gelede nog op 60 000 ton gestaan het.
“Ons staan op die helfte van dit dit was.
“Kyk wat nou in Namibië gebeur. Ons kalfpryse het geval tot rondom R13/kg en in Namibië is dit, soos hulle beweer, R9. Dit is die land wat uitvoer wat die swaarste houe vat wanneer dit swaar gaan.”
Van Zyl het gesê as die vleisverbruiksyfers in Suid-Afrika met die binnelandse produksie vergelyk word, is daar sonder die invoere ’n skaapvleistekort van 30% in die land. Volgens die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) kan die land ook binne drie jaar ’n beesvleistekort hê.
Hy het gesê boere moet aanvaar droogte sal altyd met hulle wees en pryse sal wisselvallig wees. Hulle moet nie die stop van invoere bepleit nie.
“Ons kan onsself nie isoleer nie. Ons wil nie weer iets anders as ’n vryemarkstelsel hê nie om die pryse opwaarts en afwaarts te probeer manipuleer nie. Anton Rupert het gesê markte moet nie gemanipuleer word nie, want dit sal markte vernietig.
“As ons na Namibië kyk: ons voer drie keer soveel goed uit na Namibië as wat ons invoer. Dit sluit produkte soos melk, mielies, aartappels, suiwelprodukte en varkvleis in.
“Ons kan nie verwag die regering moet beesvleis uit Namibië stop nie, terwyl ons al ons produkte daar gaan aflaai nie. ’n Handelsooreenkoms is mos ’n gee-en-neem-ooreenkoms,
“Ons gaan markte kry wat daal, maar ook wat styg. In die Vrystaat is jy klaar R2, R3 beter af as jou buurman op Upington. In die korttermyn gaan dit huidiglik swaar, maar ons is nie in ’n slegte posisie nie.

Die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) in die Vrystaat het sy kongres in Bloemfontein gehou. Voor, van links, is Nic Zaayman, vise-voorsitter van die Vrystaatse RPO, Neels de Villiers, voorsitter, en Nelius Ferreira, vise-voorsitter. Van die sprekers, agter, was Antonie Geyer, landbou-ekonoom aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), Faffa Malan, bekende veearts, Hendrik van Pletzen, Voermol, Frikkie Maré, landbou-ekonoom aan die UV, en Willie du Plessis, Standard Bank se hoof van landboubesigheid. Foto: Dirk Kok