Local News
OFM se Margarine ontvang R8 miljoen van padongelukkefonds─── 15:35 Tue, 27 Aug 2013

Christopher Motabogi
Bloemfontein - Die Padongelukkefonds moet meer as R8-miljoen uitbetaal aan ‘n voormalige werknemer van OFM wat in Oktober 2009 in ‘n gru-ongeluk betrokke was.
Irene Fischer, beter bekend as Margarine, is ernstig beseer nadat ‘n vragmotor in Bloemfontein 'n rooi verkeerslig verontagsaam en teen haar motor gebots het.
‘n Skikking is vanoggend in die Vrystaatse Hoogeregshof tussen die padongelukkefonds en Fischer se prokereurs bereik. Dit, nadat die saak vir drie dae op die hofrol geplaas is.
Ingevolge die skikking, sal die padongelukvonds die bedrag aan Fischer se prokereurs moet oorbetaal.
Fischer het intussen op ‘n drastiese wyse herstel, alhoewel sy steeds na die botsing gereelde mediese behandeling moet ontvang.