On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

OFM-agrifokus: Bek-en-klouseer uitbraak in Limpopo, GOTG gee voerskenkings, Theo Bekker sterf

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:16 Thu, 17 Jan 2019

OFM-agrifokus: Bek-en-klouseer uitbraak in Limpopo, GOTG gee voerskenkings, Theo Bekker sterf | News Article

In the OFM Agri Focus insert we look at some of the top stories in the agriculture sector this past week. OFM News’ Christal-Lize Muller reports...


Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (DAFF) gee op 'n volgehoue basis terugvoer aan die Internasionale Organisasie vir Dieregesondheid (OIE) oor bek-en klouseer in Vhembe, in die verre noordelike deel van Limpopo, uitgebreek het. Daarmee saam het die OIE Suid-Afrika se bek-en-klouseer-vrye status tydelik opgeskort. Dit kom daarop neer dat geen uitvoere, waar 'n bek-en-klouseer-vrye sone-verklaring vereis word, gesertifiseer kan word nie. Die departement se woordvoerder, Khaye Nkwanyana, sê dié kommunale gebied waar die uitbreking voorkom is buite die beheerde gebied vir dié hoogs aansteeklike virussiekte. Volgens hom het betrokkenes vinnig gereageer nadat inligting ontvang is dat vee in dié gebied mank lyk.

Die Noord-Kaapse regering het geld beskikbaar gestel aan die Gift of the Givers-stigting (GOTG), wat veevoerskenkings en ander noodsaaklikhede aan gemeenskappe in droogtegeteisterde gebiede in dié provinsie verskaf. Die organisasie is 'n noodlenigingsorganisasie wat verligting bied aan slagoffers van natuurlike rampe en politieke geweld plaaslik en op internasionale vlak. Imtiaz Sooliman, wat die organisasie op die been gebring het, sê dié organisasie het  van Augustus 2017 tot Desember dieselfde jaar veevoer aan kommersiële- en nuwelingboere in Sutherland en ander dele in die Noord-Kaap afgelewer.  Meer as 90 000 liter brandstof is aan Gift of the Givers beskikbaar gestel om veevoer te vervoer.

'n Politieke ontleder van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroom-kampus, Theo Bekker, is verlede  Woensdag in die ouderdom van 63 skielik oorlede. Bekker, die direkteur van strategiese projekte in die kantoor van die visekanselier, is in 'n hospitaal in Pretoria, Gauteng, oorlede nadat hy láát verlede jaar met breinkanker gediagnoseer is. Bekker het gereeld op OFM se landbouprogram, Before Dawn, sy mening gegee oor die politieke situasie en hoe dit die bedryf raak.

A consignment of rhino horns, destined for Dubai and worth over R23m, has been intercepted by officials of the South African Revenue Service (SARS) at the OR Tambo International Airport. This comes after a detector dog, named Lizzy, reacted positively to a consignment of so-called decorative items in a warehouse, on Wednesday.


OFM News


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.