On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Duisende diere ingeënt teen bek-en-klouseer

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:04 Mon, 21 Jan 2019

Landbounuus-podcast: Duisende diere ingeënt teen bek-en-klouseer | News Article

Altesaam 17 spanne is tans in die proses om diere, as deel van voorkomingsmaatreëls teen bek-en-klouseer, in te ent nadat dié virussiekte vroeër vandeesmaand in die Vhembe-gebied in Limpopo uitgebreek het.


Dié spanne stel ook ondersoek in oor die situasie in gebiede wat moontlik geraak word. Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye sê vier ondersoekspanne is werksaam in die bek-en-klouseer vrye gebied om die omvang van die uitbraak vas te stel. Daar is reeds altesaam 4 021 diere in nege dorpies ingeënt, soos dié virrussiekte in twee dorpies bevestig is. Volgens die department word die situasie in drie dorpe ondersoek nadat inligting ontvang is dat daar kliniese tekens van die virussiekte is. Monsters is geneem en laboratoriumuitslae sal na verwagting vandeesweek bekendgemaak word.

Intussen sê die Rooivleisprodusente-organisasie, oftewel die RPO, daar is goeie samewerking tussen dié organisasie en die department van landbou om dié Vhembe-gebied in Limpopo te monitor en vas te stel of diere bek-en-klouseer het. Die RPO se voorsitter, Koos van der Ryst, sê dit is belangrik dat Suid-Afrikaners besef 15 000 diere, hoofsaaklik beeste, word deur dié virussiekte geraak en slegs twee beeste het positief vir bek-en-klouseer getoets. Dié diere was net buite die bek-en-klouseer beheerde gebied in die noordelike deel van Limpopo. Van der Ryst sê die diere wat positief getoets het vir bek-en-klouseer was net buite die beheerde gebied en gaan waarskynlik uitgeslag word. Dié vleis sal ook nie uit die gebied verwyder kan word nie en sal plaaslik verbruik moet word. Hy beklemtoon dat dié vleis veilig vir menslike verbruik is, omdat dié virrussiekte 'n dieresiekte is wat geen impak op menslike gesondheid het nie.

EN

 Boere in die droogtegeteisterde Bultfontein-distrik, wat 'n dieselskenking danksy die inisiatief, Droogtehulp met Burre Burger, ontvang het, is dankbaar vir elke druppel. As deel van dié inisiatief in die Vrystaat, het John Deere SA Vrydag sowat 60 000 liter diesel ter waarde van sowat R700 000 aan meer as 70 boere in die gebied geskenk. Andries du Plessis senior, 'n saaiboer, sê die skenking help ongelooflik baie.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.