On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Agri Fokus-podcast: Alles oor plaasmoorde, droogtetoestande, en die oeskatting

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:40 Thu, 07 Feb 2019

Agri Fokus-podcast: Alles oor plaasmoorde, droogtetoestande, en die oeskatting  | News Article

In the OFM Agri Focus insert we look at some of the top stories in the agriculture sector this past week... OFM News’ Christal-Lize Muller reports...


Murders on farms and smallholdings in South Africa have shown a decrease, however, there has been a sharp increase in attacks. This is according to an analysis by the civil rights organisation, AfriForum, that was disclosed during a media conference in Centurion. The analysis concluded there were 54 murders on farms and about 432 attacks on farms in the country last year. The organisations' Ian Cameron says even though the problem is worsening there is an indication that communities are improving their own safety responsibility.  

Die landboubedryf het al sowat R7 miljard in omset weens die voortslepende droogte in groot dele van Suid-Afrika verloor. Daarmee saam was daar sedert Januarie verlede jaar 'n verlies van sowat 31 000 werksgeleenthede in provinsies weens die droogte. Dit is volgens Agri SA se droogte-opname wat Vrydag bekendgestel is. Dié organisasie se uitvoerende direkteur, Omri van Zyl, het op dié geleentheid gesê die situasie in die Suid-Afrikaanse landboubedryf is nou kritiek. Agri SA het 'n opname in Desember verlede jaar onder sy lede gedoen om akkuraat vas te stel wat die impak van die droogte op boerderye en werkskepping oor die land heen het.

Die swak ekonomie, lae rooivleisverkope weens verbruikersweerstand en kleinhandel wat nie die daling in vleispryse aan verbruikers weergee nie, bemoeilik produsente se produksie. Agri Noord-Kaap se president, Nicol Jansen, sê boere is nou in 'n moeilike situasie weens dié sameloop van omstandighede. Daarmee saam het die bek-en-klouseer uitbraak in Limpopo paniek gesaai, terwyl dit nie 'n werklike invloed moes gehad het nie. Hy sê produsente word boonop genoop om nou meer as net hul slagvee aan te bied in 'n poging om vee getalle te verminder weens die voortslepende droogte, veral in die Noord-Kaap. Daar is op korttermyn 'n  ooraanbod in die mark.  

Die voorlopige oppervlakteskatting vir hektare onder kommersiële mielies is meer as wat die algemene verwagting in die mark was.  Dit is volgens Luan van der Walt, 'n ekonoom van Graan SA (GSA), nadat die Nasionale Oeskattingskomitee (NOK) vandeesweek sy oppervlakteskatting vir somergewasse vrygestel het.  Van der Walt sê gegewe die moeilike toestande waarin boere moes plant, is die hektare onder die geskatte aangeplante mielies goed. Daar lê egter nog 'n lang pad voor vir boere voordat hul oeste realiseer.


OFM-nuus





@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.