On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Bek-en-klouseer knou wolbedryf

───   11:18 Mon, 25 Feb 2019

Landbounuus-podcast: Bek-en-klouseer knou wolbedryf | News Article

Wol was verlede jaar die sesde grootste uitvoerbare Suid-Afrikaanse kommoditeit naas die uitvoer van onder meer lemoene en wyn.


Suid-Afrikaanse wol was verantwoordelik vir 4% van die land se landbou-uitvoer van sowat $10,6 miljard. Wandile Sihlobo, ‘n landbou-ekonoom en hoof van navorsing by die Landboubesigheidskamer, Agbiz, sê China se besluit om die invoer van Suid-Afrikaanse wol op te skort nadat bek-en-klouseer in die noordelike deel van Limpopo uitgebreek het, wek kommer veral oor die bydrae daarvan tot plaaslike uitvoer. Hy sê China was die afgelope vyf jaar verantwoordelik vir 'n gemiddeld van 71% van Suid-Afrika se woluitvoer in waarde, en as die bestaande handelswrywing nie binnekort opgelos word nie, kan dit 'n negatiewe impak hê op die plaaslike wolbedryf, wat in die landbouhandelsbalans weerspieël word.

'n Bekende in die rooivleisbedryf, veral in die Vrystaat, André Ferreira, het die afgelope naweek sy stryd teen kanker verloor. Die 58-jarige Ferreira is Sondag in 'n hospitaal in Bethlehem oorlede. Ferreira was meer as 20-jaar betrokke by die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) in die provinsie. Koos van der Ryst, nasionale voorsitter van die RPO, sê Ferreira was toegewyd tot die bedryf. In sy laaste onderhoud met OFM-nuus in Januarie het Ferreira gesê hy is hoopvol dat Suid-Afrika se bek-en-klouseervrye status vinniger as in die verlede weer ingestel word.

EN

Die Sentrum vir Voedselveiligheid aan die Universiteit Stellenbosch (US) het 'n skenking van R1 miljoen van die Suid-Afrikaanse Vleisverwerkersvereniging, oftewel SAMPA, ontvang. Volgens 'n voedselmikrobioloog aan die US, Pieter Gouws, is dié sentrum aan die einde van verlede jaar gestig om samewerking tussen akademiese instellings en die voedselbedryf te versterk. Hy sê dié sentrum poog om die nodige navorsing rondom voedselveiligheid te doen, en dat wetgewing en inligting aan die publiek beskikbaar gestel word. Hy sê dit is nodig omdat voedselverwante siektes soos listeriose wêreldwyd 'n beduidende impak op verbruikersgesondheid en algemene vertroue.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.