On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast : Die DA, EFF en VF Plus meen landbou is belangrik in #FSbudget

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:37 Mon, 04 Mar 2019

Landbounuus-podcast : Die DA, EFF en VF Plus meen landbou is belangrik in #FSbudget  | News Article

In die hoofstorie: Die DA in die Vrystaat het in aanloop tot die LUR van Finansies in die Vrystaat, Elzabe Rockman, se begrotingsrede sy kommer uitgespreek oor te veel geld wat jaarliks aan die premier se kantoor beskikbaar gestel word.


DA-wetgewerlid in die Vrystaat, David van Vuuren, sê dié geld kan eerder in belangrike bedrywe in die provinsie aangewend word.

Hy sê dit gaan ook interessant wees om te sien hoeveel geld beskikbaar gestel word aan die Vrystaatse departement van polisie, paaie en vervoer, nadat verskeie kontrakte in dié finansiële jaar glo weens korrupsie gestaak is. Volgens hom is die kontrakte ook gestop weens implementeringsagente wat geld nie korrek aanwend nie. Daar is ook talle onvoltooide projekte. Rockman se begrotingsrede vind more by Gariepdam plaas.


In nog 'n storie: Die EFF in die Vrystaat het ook sy hoop uitgespreek dat die LUR van Finansies, Elzabe Rockman, more meer geld in haar begrotingsrede vir grondhervormingsprojekte beskikbaar stel. Kgotso Morapela, voorsitter van die EFF in die provinsie sê in dié geval sal dit inderdaad 'n fokuspunt van die EFF wees as hulle die nasionale verkiesing, in Mei vanjaar, wen.    
Hy sê opkomende boere in die provinsie en regoor Suid-Afrika is oorgehaal om te boer.

EN... Die Vryheidsfront Plus in die Vrystaat, sê konkrete planne moet in plek wees en daar moet duidelik uitgestippel word hoe geld, wat vir die ontwikkeling van opkomende boere beskikbaar gestel is, korrek aangewend gaan word. Dit is volgens VF Plus-lid van die Vrystaatse wetgewer, Tammy Wessels, in aanloop tot die LUR van Finansies, Elzabe Rockman, se begrotingsrede wat more by Gariepdam plaasvind. Wessels sê daar moet 'n duidelik plan in plek wees.    

Die LUR van Finansies in Noordwes,  Maphefo Matsemela, lewer ook Dinsdag haar begrotingstoespraak in Mahikeng, terwyl die LUR van Finansies in die Noord-Kaap, Mac Jack, sy provinsiale begrotingsrede Woensdag in Kimberley lewer.


 

OFM-nuus





@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.