On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-bulletin 13:30 7 Maart 2019

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:49 Thu, 07 Mar 2019

Landbounuus-bulletin 13:30 7 Maart 2019 | News Article

Die meeste swart Suid-Afrikaners en die swart politieke elite voer aan dat wit Suid-Afrikaners grond gesteel het.

Hulle motiveringis  gegrond op 1913 se Wet op Grondbesit, afsettings en tuislandwette. Dit is 'n politieke ontleder aan die Noordwes Universiteit, Piet Croucamp, se reaksie op 'n diepgewortelde ontevredenheid in Suid-Afrikaanse landboukringe, nadat hy die naweek by die Woordfees op Stellenbosch onverwags by 'n paneelbespreking aangesluit het. 

Volgens die Transvaalse Landbou-unie (TLU SA) is daar ongelukkigheid oor Croucamp se stellings. Hy het glo geïmpliseer dat Suid-Afrikaanse boeremisdadigers is met sy bewerings dat hulle die grond waarop hulle boer gesteel het. Croucamp meen wit Suid-Afrikaners het swart Suid-Afrikaners nie alleen weerhou daarvan om grond te besit nie, hulle het ook by tye grond afgevat. 

 Croucamp sê die persepsie dat grond gesteel is kan nie weg geredeneer word nie, maar dit beteken ook nie boere het grond gesteel nie. Hy verwys na 'n morele vraagstuk wat ontstaan het oor wat in die verlede gebeur het. Daarmee saam is daar ook die geldige argument dat die ekonomie ten gronde sal trek as grond herverdeel word ten opsigte van die gedagte of gesprek dat dit gesteel is. 

 EN

 Die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling in die Vrystaat se begroting vir die 2019/20-boekjaar is meer as R821 miljoen. Die LUR van Finansies in die Vrystaat, Elzabe Rockman, het Dinsdag in haar begrotingsrede by Gariepdam gesê die begroting maak voorsiening vir die departement se prioriteitsprojekte wat grondprogramme, veeartsenykunde en ondersteuning en opleiding aan boere insluit. 

Sy het verder gesê die regering se omstrede multimiljoenrandse suiwelprojek gaan ook nou weer die verantwoordelikheid van die departement word. Dit kom nadat die projek oor verskeie boekjare deur die Vrystaatse Ontwikkelingskorporasie bestuur is. R13.5 miljoen is aan die department vir droogtehulpprojekte beskikbaar gestel. Dié geld sal gebruik word vir die boor en ontwikkeling van 45 boorgate, asook die herstel van 35 gronddamme. 

 EN

Daar is onderskeidelik in Noordwes en die Noord-Kaap se begrotingsredes gefokus op die regering se ondersteuning aan opkomende boere.  In Noordwes het die LUR van Finansies, Maphefo Matsemela, Dinsdag in haar begrotingsrede meer as R1,4 miljard aan die Departement van Landelike, Omgewings- en Landbou-ontwikkeling vir die 2019/20-boekjaar beskikbaar gestel. 

Sy het gesê die landboubedryf het in 2017 3% tot die provinsie se Bruto Binnelandse Produk (BBP) bygedra en meer as R217 miljoen is vir die omvattende ondersteuning aan boere, en hoofsaaklik opkomende boere, beskikbaar gestel. In die Noord-Kaap is R539 miljoen aan die Departement van Landbou toegeken. Die LUR van Finansies, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Mac Jack, het Woensdag in Kimberley gesê dié geld is beskikbaar gestel om swart opkomende boere te ondersteun. 

OFM Nuus


 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.