On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Herlewingslandbou 'n bonus in talle sektore

───   12:08 Tue, 12 Mar 2019

Landbounuus-podcast: Herlewingslandbou 'n bonus in talle sektore | News Article

Die toepassing van herlewingslandboupraktyke kan nie net oeste en grondgehalte verbeter nie. Dit kan ook die lewensgehalte van ’n boer en sy afhanklikes verbeter.


Dit was die boodskap van dr. Ademir Calegari, ’n herlewingslandboukundige wat al in 47 verskillende lande gewerk het. AlaniJaneke van Landbou.com doen verslag vanaf Landbouweekblad seherlewingslandboukonferensie in Reitz in die Vrystaat. Die konferensie word insamewerking met Graan SA en die Riemlandstudiegroep aangebied. 

Die tyd en wyse van vergoeding moet nie metonteiening gekombineer word nie. Dit was adv. Tembeka Ngcukaitobi, seaanbeveling aan die ad hoc-komitee wie se taak dit sal wees om Artikel 25 vandie Grondwet te wysig om voorsiening te maak vir onteiening van grond sondervergoeding. Thoko Didiza, senior ANC-LP en voormalige minister van landbou, is die voorsitter van die komitee, wat uit 11 LP's en nog 14 stemgeregtigde LP's bestaan.

EN

'n Afgetrede ambassadeur van Suid-Afrika, wat nog betrokke is by die regering, is hoopvol oor die toekoms van Suid-Afrika, veral met betrekking tot die onteiening van grond sonder vergoeding. Malcolm Ferguson sê daar is 'n beperkte fokus op grondonteiening sonder vergoeding. Verskillende kategorieë van vergoeding bestaan.



OFM-nuus/Christal-Lize Muller/Alani Janeke



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.