On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Agriculture

Agri Fokus-podcast: Nuus oor die Nampo Oesdag, waterskaarste en die OB

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:09 Fri, 24 May 2019

Agri Fokus-podcast: Nuus oor die Nampo Oesdag, waterskaarste en die OB | News Article

In the OFM Agri Focus insert we look at some of the top stories in the agriculture sector this past week... OFM News’ Christal-Lize Muller reports...


Die hoofstorie: Graan SA is dankbaar en daarmee saam ook opgewonde oor nog 'n suksesvolle Nampo Oesdag wat agter die rug is. Bestuurder van die oesdag, Toit Wessels, sê hulle is tevrede met die bywoningsgetalle ondanks ekonomiese uitdagend tye en droogtetoestande,  wat die bedryf geknou het.  Hy sê 'n nuwe ingangshek wat aangebring is, het druk op die ander ingangshekke vanjaar verminder. Draaihekke het ook daartoe bygedra dat besoekers vinnig toegang verkry het. Lugverkeer was weer eens bedrywig en gunstige weerstoestande het 'n rol gespeel. Volgens hom het 'n rekordgetal van 190 vliegtuie verlede Woensdagoggend op Nampopark se vliegveld geland.

Wessels haal sy hoed af vir die meer as 780 uitstallers wat vanjaar moeite gedoen het met hul uitstallings en demonstrasies. Hy sê die oesdag was geslaagd, want uitstallers en besoekers het die geleentheid om vooruit te gaan in die bedryf ten volle benut.

Nog 'n storie: Die voorsiening van skoon water is 'n kritieke ekonomiese bemagtiger wat weens verskillende redes 'n krisis in Suid-Afrika is. Dit is volgens Mike Sutcliffe, direkteur van City Insight, ‘n maatskappy wat met die regering saamwerk om dienslewering op te skerp. Sutcliffe meen water en sanitasie is die grootste brandpunt, nie net in Suid-Afrika nie, maar oor die wêreld heen. En, dit moet ernstig aangespreek word.

En...Die Departement van Landbou Bosbou en Visserye (DAFF) gaan nie terugstaan met betrekking tot die bevindinge in die openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, se verslag oor wanadministrasie deur die departement in 'n voorval waar brucellose op 'n plaas in die Vrystaat uitgebreek het nie. Die departement se Zweli Silangwe sê daar is sekere bevindinge en aanbevelings waarmee die departement nie tevrede is nie. Hy sê regsadvies is ingewin waarna die departement sy regspan opdrag gegee het om 'n hersieningsaansoek oor die OB se bevindinge en aanbevelings te bring. OFM-nuus het vroeër berig die verslag toon die Vrystaatse departement het nie die beheermaatreëls vir die verspreiding van dié siekte ingestel soos wetlik vereis word nie. Die klaer is Ronél Behrens.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.