Agriculture
Landbounuus-podcast: Goeie samewerking om Afrika-varkpes te beperk─── CHRISTAL-LIZE MULLER 14:25 Tue, 28 May 2019
Die departement van landbou en betrokkenes in die varkbedryf werk nou saam om die verspreiding van die Afrika-varkpesvirus, wat in enkele gebiede in Mpumalanga, Noordwes, Limpopo, die Vrystaat en Gauteng uitgebreek het, te beperk.
Die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie (SAVPO) se uitvoerende hoof, Johann Kotzé, sê die eerste uitbreking was in Noordwes, waar met wilde varke geteel word. Die pes is ook hoogs aansteeklik onder wilde varke. Kotzé sê die gebied is onder kwarantyn geplaas. Die volgende uitbreking was in Delmas in Mpumalanga. Daar word vermoed dat besmette varke op 'n veiling deur 'n kleinboer gekoop is. Kotzé sê dié besmette varke is vanaf die veiling versprei waarna uitbrekings in Daveyton in Gauteng en Heilbron in die Vrystaat plaasgevind het.
'n Vars spoor van 'n rondloper-leeuwyfie in die Vermaas- en Bospoort-gebied tussen Ottosdal en Lichtenburg in Noordwes is Woensdagoggend gevind. Tharina Boshoff, waarnemende hoofdirekteur van omgewingsake van die Departement van Landelike, Omgewings- en Landbou-ontwikkeling, sê die soektog na die leeu, wat meer as 'n week gelede begin is, duur voort. Haar spoor is aanvanklik deur 'n boer in die gebied gesien. Sy sê die soekspan, wat onder meer bestaan uit kundiges van die departement, is intussen vergroot, terwyl 'n polisiehelikopter nie meer gebruik word nie. Volgens haar is boere in die gebied ook baie behulpsaam. Dit is in die stadium nog onduidelik van waar die leeuwyfie is.
EN
Ryp kan vandeesweek voorkom op plekke in die suidoostelike deel van die Vrystaat met 'n kouefront wat oor die sentrale binneland beweeg. 'n Voorspeller van die Bloemfonteinse weerkantoor, Quinton Jacobs, sê die kwik daal Woensdag op plekke langs die Lesotho-grens. Hy sê in gebiede by Bethlehem en Harrismith word 'n minimum van 1 graad Celsius en maksimum dagtemperature van onder 20 grade Celsius verwag. Hy sê die res van die Vrystaat kan maksimum dagtemperature van tussen 21 en 23 grade Celsius verwag. Temperature sal na verwagting teen die naweek styg.
OFM-nuus
