On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Bek-en-klouseer raak plaaslike produsente deur die bank

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:33 Wed, 12 Jun 2019

Landbounuus-podcast: Bek-en-klouseer raak plaaslike produsente deur die bank | News Article

Die uitbreking van bek-en-klouseer, wat daartoe bygedra het dat Suid-Afrika se bek-en-klouseervrye status tydelik opgeskort is en toegang tot internasionale markte beperk is, raak plaaslike produsente deur die bank.


Neville Raath, ondervoorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) in die Vrystaat, meen plaaslike produsente het die daling in pryse gevoel. Raath sê daarom is naspeurbaarheid en biodiversiteit van groot belang en moet dit in plek kom. Die RPO in die Vrystaat se jaarkongres vind Donderdag in Bloemfontein plaas.

Intussen sê Vrystaat Landbou (VLU) meer as 'n honderd aanklagte van veediefstal is in April vanjaar in dié provinsie aangemeld. Daarmee saam is meer as 1 100 stuks vee gebuit. Daarvan is meer as 170 gesteelde diere weer opgespoor. Jane Buys, 'n veiligheidsrisiko-ontleder van VL, sê veediefstal bly die grootste eiendomsverwante misdaad in die provinsie. Volgens haar toon VL en VKB se veiligheidslessenaar dat altesaam 31 landbougemeenskappe in April veediefstal ondervind het. Die meeste van dié voorvalle was in Bethlehem, Reitz, Ficksburg, Heilbron en Bultfontein. Buys sê dit wil voorkom asof jonger diere geteiken word. Dit strek van jong kalwers van een maand oud tot kalwers wat 200kg weeg.

EN

Daar is vooruitsigte dat Suid-Afrika se graanvoorraad die seisoen genoeg gaan wees. Graan SA se voorsitter, Danie Minnaar, sê boere gaan ook kan asemhaal ná die seisoen weens stygende pryse. Hy voorspel daar sal steeds uitdagings wees, maar daar is ruimte vir groei. Minnaar sê ondanks laat aanplantings in Suid-Afrika dié seisoen, word 'n gemiddelde mielieoes verwag. Hy sê dit wil ook voorkom of Suid-Afrika se wintergraanproduksie goed gaan wees.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.