On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Fokus op #SONA2019

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:32 Thu, 20 Jun 2019

Landbounuus-podcast: Fokus op #SONA2019 | News Article
SONA2019 preparations

President Cyril Ramaphosa moet sy staatsrede, wat hy Donderdagaand in die Parlement lewer, gebruik om 'n verskuiwing na volhoubare en betroubare regeringsbeleid aan te kondig.


Dit is volgens Agri SA se uitvoerende direkteur, Omri van Zyl, wat sê groot ekonomiese druk op die algemene sake-omgewing, huishoudings en landbou kan nie met fraai woorde verlig word nie.

Daar is geen twyfel dat landbouprodusente weet hulle sal die oplossings vir kwessies in die bedryf 'self moet kry' nie. Theo Venter, 'n politieke ontleder verbonde aan die Noordwes-Universiteit, meen die landboubedryf steun nie té veel op president Cyril Ramaphosa oor kwessies in die bedryf nie. Volgens hom is leier- en kommersiële boere geregtig daarop om aan te dring dat veranderinge grondwetlik plaasvind en dat Ramaphosa sy grondwetlike verantwoordelikheid ten opsigte van grondkwessies en landbouprodusente nakom.

Daar is 'n kollektiewe verwagting dat president Cyril Ramaphosa se staatstrede deurslaggewend gaan wees rakende 'n handves vir Suid-Afrika se toekoms. DA-leier Mmusi Maimane sê die land is op die afgrond en is oorgehaal vir verandering. Rasse-, taal- en nasionalistiese spanning is nou kommerwekkend hoog. Die ekonomie is 'n vriend vir baie mense en die oorgrote meerderheid Suid-Afrikaners leef in vrees vir hul lewens en Maimane sê die tyd is nou ryp vir sosiale en ekonomiese hervorming.

EN

Intussen sê die Vryheidsfront Plus se leier, Pieter Groenewald, ekonomiese groei in Suid-Afrika is nie onderhandelbaar nie. President Cyril Ramaphosa sal duidelike planne moet neerlê oor hoe dit bewerkstellig gaan word, en hy sê Ramaphosa moet daarmee saam die groeiende werkloosheidsprobleem in sy staatsrede aanspreek. Hy meen beleidsekerheid is onlosmaaklik daarvan, want sonder beleidsekerheid sal beleggersvertroue nie herstel word nie. Groenewald verwys spesifiek na kwessies soos private eiendomsreg wat deur grondonteiening sonder vergoeding bedreig word.



OFM-nuus



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.