On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Landbou-potgooi: Produksieskatting vir somergewasse vandag bekend

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 12:06 Wed, 26 Jun 2019

Landbou-potgooi:  Produksieskatting vir somergewasse vandag bekend | News Article

Die Nasionale Oesskattingskomitee stel vandag sy vyfde produksieskatting vir somergewasse bekend.

'n Senior landbou-ekonoom van die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus, Johnny van der Merwe, meen produsente in veral witmielie-produksiegebiede was dié seisoen gelukkig dat die ryp nie vroeg gekom het nie. 

Dit veral nadat daar in baie gebiede laat aanplantings was weens reën wat laat gekom het. Van der Merwe meen in die proses is die oesskatting opwaarts aangepas, wat weer 'n tydelike impak op pryse gehad het. 

Hy sê Amerika is 'n rolspeler ten opsigte van die rigting waarin die plaaslike prys van graan beweeg. 

Die Suid-Afrikaanse Graaninligtingsdiens (Sagis) gaan ook die lewering van graanprodusente se data vandag bekendstel.  

EN

Daar was in die eerste kwartaal van die jaar 'n toename in poste in die formele nie-landboubesigheidsektor. Statistieke Suid-Afrika (SSA) se kwartaallikse indiensnemingspeiling vir die eerste kwartaal van 2019 toon 'n toename van 22 000 poste in dié sektor. 

EN

Die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, en ander belanghebbendes gaan jong entrepreneurs en produsente in die landboubedryf in die Oos-Kaap vereer. 

Didiza en Barbara Creecy, minister van omgewingsake, bosbou en visserye woon 'n geleentheid Donderdag in Port Elizabeth by om jongmense aan te moedig om hulle strategiese posisie in die hoofstroom van die bedryf te herwin. Dié betrokke department wil jong mense se denkwyse rakende hulle deelname aan die hoofstroom-ekonomie verander. 

Die boodskap is dat hulle nie net 'n arbeider in die ekonomie hoef te wees nie. 'n Bemagtigende omgewing moet geskep word om aan hulle die geleentheid te gee om hulself deur transformasie te herposisioneer en hul belang in die ekonomie te eis. 

OFM Nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.